Bejaarde vrou met panga vermoor
2011-07-20 21:17
Johannesburg – Die lyk van ‘n 79-jarige vrou, wat onlangs as vermis aangemeld is, is in ‘n dennehout-plantasie in Stutterheim gevind, het die Oos-Kaapse polisie Woensdag gesê.
Volgens kapt. Thozoma Solani is die 79-jarige vrou se lyk Dinsdag deur ‘n familielid gevind.
“Sy het ‘n steekwond aan haar nek gehad en ‘n panga het langs haar lyk gelê.”
Die lyk was al gedeeltelik ontbind toe die familielid daarop afgekom het.
Die vrou is in Junie as vermis aangemeld toe sy nie by ‘n familielied se huis in die gebied opgedaag het nie.
Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA