Bejaarde vrou kritiek ná brand by woonstel
2011-11-10 17:01
Johannesburg – 'n Bejaarde vrou veg om haar lewe in die Union-hospitaal in Alberton ná 'n elektriese brand in haar woonstel, in Glenanda, suid van Johannesburg, het paramedici gesê.
Jeffrey Wicks, woordvoerder van Netcare, het gesê die vrou se elktriese waaier was dalk aangeskakel, waarna die toestel uitgebrand en die plastiekomhulsel aan die brand geslaan het.
Die vrou is oorval van die digte rook en is bewusteloos op die vloer gevind.
Wicks het gesê die posisie waarin sy gevind is, dui daarop dat sy probeer het om na die deur te kruip.
Hy het gesê die vrou het simptome van rookinaseming en 'n tekort aan suurstof getoon.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA