Bejaarde vrou in haar huis vermoor
2012-01-28 15:00
Johannesburg – 'n 65-jarige vrou is in haar huis in Parkview vermoor nadat sy inbrekers in haar huis betrap het, het die polisie gesê.
Die vrou het Vrydag van die kwekery af gekom toe sy die verdagtes in haarr huis betrap. Sy is verwurg voor hulle gevlug het.
Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder, het gesê die verdagtes het met juweliersware gevlug.
'n Grootskaalse ondersoek na die verdagtes is van stapel gestuur. Die polisie ondersoek 'n saak van moord en gewapende roof.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter