Bejaarde vrou in bosse vermoor
2011-08-23 19:56
Johannesburg – ‘n Sewentigjarige vrou is vermoor toe sy brandhout versamel het in die bosse naby Siyabuswa, het die polisie in Mpumalanga Dinsdag gesê.
‘n Veewagter het haar lyk Maandagmiddag tussen die grasse in Kameelrivier B gevind, het konst. Busi Mtshweni gesê.
Sy is verskeie kere gesteek. Die polisie het ‘n kruiwa vol hout ‘n paar meter weg van haar gevind.
“Dit wil voorkom of sy alleen was toe sy aangeval is. Sy is uitgeken, maar haar naam kan nie nou bekendgemaak word nie,” het Mtshweni gesê.
Die motief vir die aanval is nie bekend nie.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA