Bejaarde vrou (91) verkrag, vermoor
2011-05-11 23:02
Johannesburg - ‘n Bejaarde vrou (91) is brutaal verkrag en verwurg in in Botshabelo, het die Vrystaatse polisie Woensdag gesê.
Volgens konst. Consolation Mokoale het ‘n buurman op die vrou se lyk, waar dit in ‘n poel bloed gelê het, afgekom.
“Die polisie is in kennis gestel en het op die toneel gebruikte kondome langs die vrou se lyk gevind. Niemand weet presies wat gebeur het nie, maar mans het vermoedelik deur ‘n venster toegang tot die huis verkry.”
Die vrou is Saterdag laas lewendig gesien.
Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek ‘n saak van verkragting en moord.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA