Bejaarde sterf toe voertuig ná ongeluk vlam vat
2010-09-17 09:20
Johannesburg – ‘n Bejaarde vrou is dood en twee ander is ernstige beseer nadat hul motor met ‘n ander voertuig gebots en gevolglik aan die brand geslaan het, het paramedici Donderdag gesê.
Die ongeluk het Donderdagaand op die N2 naby De Waalrylaan in Kaapstad plaasgevind.
Die Toyota, waarin die bejaarde gery het, en ‘n BMW, het al twee aan die brand geslaan nadat hulle om 18:30 gebots het, het Derrick Banks gesê.
Een van die vroue is op die toneel dood verklaar.
Die ander twee is met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem.
Al die insittendes van die BMW het ongedeerd weggekom.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA