Bejaarde sterf toe sy oor pad hardloop
2011-03-28 12:18
Durban – ‘n Vrou in haar 70’s is in Umgenistraat, Durban, doodgery toe sy die pad voor aankomende verkeer probeer oorsteek het.
Volgens berigte het die vrou oor die pad probeer hardloop voor ‘n voertuig in. Die motor het probeer om weg te swenk, maar die vrou getref en omgeval.
Paramedici het die vrou in die vinnige baan gesien lê en die voertuig etlike meters verder op sy dak gevind.
Die bejaarde is op die toneel dood, terwyl die motorbestuurder ongedeerd weggekom het.
Hy is egter baie ontstel deur die voorval, het Netcare-woordvoerder Chris Botha per epos aan Nuus24 gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.