Bejaarde se keel met lem gesny

2012-01-24 08:00
Tweets Share Share line Print

Polokwane – Die koster van die Afrikaanse Protestantse kerk (APK) in Mookgophong (Naboomspruit) se keel is in ’n gru-aanval met ’n skeermeslem oopgekerf.

Anita Jacobs van Niekerk (62) is in ’n bedenklike toestand in die provinsiale hospitaal in Polokwane.

Vyf mans is in hegtenis geneem. Die handsak en geld is by hulle gekry.

Renee Matthee, haar dogter, het Maandag gesê haar ma “leef ook maar net. G’n mens verdien wat met haar gebeur het nie”.

Sy sal moontlik nie weer normaal kan sluk nie. Haar stembande moet geheg word.

Van Niekerk is Saterdagaand in haar huis in Sewende Straat in die dorp oorval. Sy het geslaap toe vyf mans omstreeks 23:00 in die huis ingekom het.

Lt.kol. Ronel Otto, polisiewoordvoerder, het gesê die mans het van die diefwering oopgebuig om in die huis in te kom.

Van Niekerk se kleinseun, Alexander Donnovich (4), was in die huis tydens die aanval. Hy woon by sy ouma sedert sy ma sowat twee jaar gelede dood is. Hy is ongedeerd.

Die aanvallers het Van Niekerk se keel verskeie kere met ’n skeermeslem gesny. Daar is ook baie snywonde aan haar arms.

Alexander het geslaap toe sy ouma aangeval is, het Matthee gesê. Hy bly nou by familielede.

Haar ma het onlangs ’n vreemde man gehuur om in haar tuin te werk. “Twee van haar selfone is gesteel, maar ons het nie geweet wie dit gesteel het nie.”

Die aanvallers het Van Niekerk se handsak met R300 geroof.

“Ek het inmekaargesak van skok toe ek hoor wat gebeur het,” het Matthee gesê.

Jakes Jacobs, ’n familielid, het gesê ’n man wat agter Van Niekerk se huis bly, het ’n geraas gehoor en toe gaan kyk wat gebeur het. “Daar is net bloed in haar kamer en selfs in die kombuis,” het Jacobs gesê.

Volgens Matthee moes haar ma ’n noodoperasie ondergaan.

Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: misdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
26 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

andre.rabie3 sê... n k bus, en moenie die drywer vergeet nie, 93, ek se n drywer, want n drol dryf en n bestuurder bestuur, Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2011
R 151,620.00

CHEVROLET

SONIC 1.4 LS 5DR
2012
R 156,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.