Bejaarde paartjie op hul plaas vermoor
2011-07-02 11:21
Johannesburg – ‘n Bejaarde paartjie is Saterdagoggend op hul plaas in Heidelberg vermoor, het die polisie in Gauteng gesê.
‘n Insleepdiens het glo die paartjie se seun gebel nadat hul motor op die R42 naby Vereeniging gevind is, het konst. Tikoane Sonopo gesê.
Die seun het gevolglik om 05:30 na sy ouers se Houtpoort-plaas gegaan. Hy het sy 60-jarige ma in die sitkamer gevind waar sy vasgebind was en verskeie steekwonde gehad het. Sy was reeds dood.
Hy het sy pa se lyk, ook met verskeie steekwonde op die kamervloer gevind.
Volgens Sonopo was die binnekant van die huis geplunder. ‘n Geweer en elektriese toestelle is gesteel.
Die polisie ondersoek die saak.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA