Bejaarde paartjie in huis aangeval
2010-11-06 14:24
Johannesburg - ‘n Bejaarde paartjie is ernstig beseer toe inbrekers hulle Saterdag in hul huis in Durban aangeval het, het paramedici in KwaZulu-Natal gesê.
Die paartjie het ernstige beserings opgedoen wat deur ‘n stomp voorwerp veroorsaak is en moes lewensondersteuning kry, het ER24 se woordvoerder, Derrick Banks, gesê.
“Hulle is op die toneel gestabiliseer en hospitaal toe geneem.”
Die voorval het omstreeks 05:00 by die paartjie se huis in Percy Osbornestraat plaasgevind.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA