Bejaarde paartjie grusaam vermoor
2010-02-11 13:18
Johannesburg – ‘n Bejaarde paartjie van Pretoria is Donderdagoggend dood in hul huis aangetref, het paramedici gesê.
Chris Botha van Netcare 911 het gesê dat die paramedici uitgeroep is na ‘n huis in Mayville om ‘n persoon te behandel wat ineengestort het.
“Toe ons daar aankom het die arme mediese werkers die skok van hul lewe gekry,” het hy gesê.
Die man, in sy tagtigs, is in die sitkamer gevind met sy gesig op die vloer en sy hande en bene wat vasgebind was.
Hy was reeds dood.
Sy vrou, wat ook in haar tagtigs was, is dood gevind in die gang.
Polisie was reeds op die toneel, het hy gesê.
Die paartjie se seun het die mediese werkers gekontak nadat hy hulle op die grond gevind het.
- Sapa