Bejaarde op Tafelberg beroof
2011-12-12 13:30
Kaapstad – 'n Bejaarde man is van sy kamera en kontant beroof terwyl hy op Seinheuwel in Kaapstad gestap het, het die polisie gesê.
Die man het alleen aan Seepunt se kant van Seinheuwel gestap, het Ezra October, polisiewoordvoerder, gesê.
Die rower het hom genader en met 'n gebreekte bottelnek gedreig.
"Die verdagte is nog nie geïdentifiseer nie en niemand is in hegtenis geneem nie," het October gesê.
Die man is nie in die aanval beseer nie.
– Volg Nuus24 op Twitter