Bejaarde met elektriese koord verwurg
2012-01-29 12:15
Johannesburg – 'n Bejaarde vrou is in Parkview, Johannesburg verwurg ná sy by haar huis aangekom het terwyl inbrekers daarin besig was, het die Gautengse polisie Sondag gesê.
Die vrou, 65, het Vrydagmiddag by die huis aangekom en op die mans afgekom, het lt.kol. Lungelo Dlamini gesê.
"Sy is met 'n elektriese koord verwurg."
Die polisie is ontbied toe haar lyk omstreeks 14:30 gevind is. Dlamini het gesê die polisie ondersoek die saak, en geen inhegtenisnames is gemaak nie.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA