Bejaarde man met byl vermoor
2010-11-18 01:12
Johannesburg – Vier mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo ‘n 64-jarige man in Kameeldrift, Pretoria met ‘n byl doodgekap het, het die Gautengse polisie Woensdag gesê.
Volgens kapt. Johannes Maheso is die mans vasgetrek in verband met ‘n voorval wat in Oktober plaasgevind het.
Drie van die mans is vroeër dié week in hegtenis geneem terwyl 'n vierde man Woensdagoggend vroeg vasgetrek is, het Maheso gesê.
Volgens Maheso is die man met ‘n byl doodgekap. Die man se lyk is glo ‘n dag later in sy huis aangetref deur iemand wat hom wou besoek.
Polisie het inligting opgevolg wat deur lede van die gemeenskap verskaf is, het Maheso gesê.
Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA