Bejaarde man in Hoedspruit vermoor
2010-02-05 12:00
Johannesburg – ‘n 70-Jarige man van Hoedspruit is Donderdag in sy bed vermoor, het die Limpopo polisie Vrydag gesê.
Koos van Staden is omstreeks 09:30 op sy plaas, Glenco Sugar Estate dood, toe ‘n onbekende man hom deur ‘n venster geskiet het, het supt. Ronel Otto gesê.
Van Staden is deur sy nek geskiet en het op die toneel gesterf.
Sy vrou, Henriette van Staden, het dit reggekry om skote op haar man se moordenaars te skiet, waarna hulle gevlug het.
“Die aantal verdagtes is nog nie bekend nie. Die motief vir die moord word steeds ondersoek,” het Otto gesê.
Die polisie se honde-eenheid help om na die moordenaars te soek.
- Sapa