Bejaarde man doodgesteek in huis
2010-02-24 23:04
Johannesburg – ‘n 76-jarige man se lyk is Woensdag in sy huis in Edenvale gevind waar hy doodgesteek is, het paramedici gesê.
Volgens Chris Botha van Netcare 911 het die man se bure sy familie gekontak toe hulle bekommerd geraak het omdat sy motor die hele aand buite was en hulle hom glad nie gedurende die dag gesien het nie.
“Die familie het ‘n sekuriteitsmaatskappy gekontak, wat na die woning in Gannetlaan gehaas het.”
“Die man is in ‘n poel bloed op die sitkamervloer gevind. Paramedici kon hom nie red nie en hy het aan sy ernstige wonde beswyk,” het Botha gesê.
Polisie was op die toneel en sal die saak ondersoek.
- Sapa