Bejaarde man brand dood in Johannesburg
2011-07-13 21:03
Johannesburg – ‘n Bejaarde man het Woensdagaand in ‘n brand in sentraal-Johannesburg gesterf, het die stad se nooddienste gesê.
Die brand het omstreeks 18:30 uitgebreek in ‘n kamer van ‘n gebou op die hoek van Albert- en Bereastraat, het Synock Matobako, woordvoerder, gesê.
Nadat brandbestryders die brand geblus het, het hulle afgekom op die lyk van ‘n 75-jarige man, wat blykbaar as ‘n skrynwerker op die perseel gewerk en ook daar geslaap het.
Die oorsaak van die brand is nog onbekend.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA