Bejaarde man aan die brand gesteek
2010-06-13 03:35
Johannesburg – ‘n 70-jarige man is in ‘n kritieke toestand nadat hy Saterdag in Florida aan die brand gesteek is, het die Johannesburgse paramedici gesê.
Toe die paramedici by die toneel opdaag het hulle die man gevind wat met petrol gesmeer was en aan die brand gesteek is, het Chris Botha, Netcare 911-woordvoerder, gesê.
“Die man was in ‘n kritieke toestand en 80% van sy liggaam was verbrand,” het hy gesê.
Die polisie was nie dadelik beskikbaar vir kommentaar nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA