Bejaarde in kinderporno-saak kry borgtog
2010-11-15 22:16
Johannesburg – ‘n 72-jarige man wat na bewering kinderpornografie vervaardig het, is Maandag in die Bellville-landdroshof borgtog van R10 000 toegestaan, het die stad Kaapstad gesê.
Die man is Vrydag by sy huis in Bellville in hegtenis geneem.
“Beamptes het ‘n klopjag op die verdagte se huis uitgevoer en pornografiese materiaal in sy besit gevind,” het die stad in ‘n verklaring gesê.
Ondersoekers het uitgevind dat die verdagte man slagoffers tussen die ouderdomme van twaalf en vyftien teiken.
Hy kry hul aandag deur duur selfone en klere vir hulle te koop. Hy neem dan pornografiese foto’s van hulle, het die verklaring gesê.
Die stad het 'n beroep op ouers gedoen om bewus te wees van potensiële bedreigings in hul woonbuurte en om hul kinders se aktiwiteite dop te hou.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA