Bejaarde in huis doodgeskiet
2011-04-10 10:33
Mthatha - 'n 71-jarige man is in sy huis in Ngqeleni doodgeskiet, het die polisie in Mthatha Sondag gesê.
Vyf mans het Saterdagaand ongeveer 22:00 by die man se huis ingebreek. Hulle het hom doodgeskiet en gevlug sonder om enigiets te neem, het lt.kol. Mzukisi Fatyela gesê.
Die man se vrou en kinders, wat ten tye van die aanval by die huis was, is nie beseer nie.
Ongeveer 17 patroondoppies is op die toneel gevind.
Die polisie ondersoek 'n moordsaak. Geen inhegtenisnames is al gemaak nie.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA