Bejaarde in erge aanval beroof

2010-11-09 09:12
Tweets Share Share line Print

Volksblad

Kroonstad - Rowers het ’n bejaarde man só erg in die Kroonstadse middedorp aangerand dat hy ’n ruk lank bewusteloos op ’n sypaadjie gelê het.

Die drie aanvallers wat die weerlose Niek Conradie (64) helder oordag van R22 000 beroof het, het hom hardhandig rondgeruk. Hy is selfs met pepersproei in sy oë gespuit.

Die pepersproei het soos ’n kool vuur gebrand, het Conradie Maandag aan Volksblad gesê.

Voor die aanval het Conradie ’n seer heup gehad wat reeds goed herstel het.

Nou het hy van nuuts af pyn – dié keer aan die ander kant van sy heup.

Sy rug is “ongelooflik” seer en sy kop het ’n knop.

Conradie was Vrydag op pad om dié geld van die melkverspreidingsdepot, waar sy vrou Ina werk, by die bank te gaan inbetaal.

Hy doen dit reeds jare lank vir ’n “petrolgeldjie elke twee weke” en om hom besig te hou.

Volgens Conradie het hy het dié geld in ’n verseëlde banksak binne-in ’n sportsak gehad.

Hy was paraat en het eers rondgekyk voordat hy in Presidentstraat uit sy voertuig geklim het.

“Buite die motor het ’n onbekende aantal mans op my toegesak, die sak gegryp en my rondgeruk en -pluk.” Hy is toe met pepersproei in sy gesig gespuit.

“Ek het ’n bril opgehad. Hulle was só slim, hulle het langs die kant van die bril ingespuit.”

Conradie sê hy het sy bewussyn verloor. Hy het ’n rukkie later vanself bygekom en in sy voertuig gaan klim. “Almal moes dit gesien het, maar niemand het my kom help nie. ’n Man het net later vir my my bril gebring wat op die sypaadjie agtergebly het.”

Die onderneming gebruik van vandag ’n geldvervoermaatskappy om sy geld na die bank te bring.

Kapt. Msisitheki Selima, woordvoerder van die polisie op Kroonstad, het dié rooftog bevestig. Volgens Selima was drie rowers betrokke en is hulle nog soek.

Kol. Morné de Wet, stasiebevelvoerder van die Kroonstad-polisie, het Maandag ernstig benadruk ondernemings moet liefs sekuriteitsmaatskappye se diens gebruik as hulle geld wil gaan inbetaal.

- Volksblad

Lees meer oor: aanvalle  |  misdaad  |  geweld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

andre.rabie3 sê... n k bus, en moenie die drywer vergeet nie, 93, ek se n drywer, want n drol dryf en n bestuurder bestuur, Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2011
R 151,620.00

CHEVROLET

SONIC 1.4 LS 5DR
2012
R 156,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.