Bejaarde ernstig beseer in wrede plaasaanval

2010-03-25 07:25
Tweets Share Share line Print

Buks Viljoen, Beeld

Nelspruit – ’n Bejaarde vrou van die omgewing is in ’n bedenklike toestand in die hospitaal nadat sy en haar lewensmaat wreedaardig op hul plaas aangeval is.

Tina Muller (82) het ernstige hoofbeserings in die middernagtelike aanval opgedoen.

Steward Jonker (81), ’n eien­domsagent, is ook ernstig beseer.

Volgens Dave Fourie van J&M Sekuriteit is die paartjie waarskynlik deur die nag in hul huis op die Ooswes-boerdery in die Sterkspruit-omgewing aangeval.

“Ek ken Jonker al bykans 12 jaar, maar sy gesig was so geswel ná die aanranding, ek het hom nie eens onmiddellik herken nie,” het Fourie gesê.

Die aanvallers, vermoedelik drie van hulle, het die plaasopstal se glasvoordeur omstreeks 02:00 stukkend geslaan.

’n Sloop met klippe daarin is later buite die huis gekry. Dis onduidelik of die paartjie daarmee aangerand is.

’n Plaaswerker wat onraad vermoed het, het die erg beseerde paartjie omstreeks 07:30 in die sitkamer ontdek. Hulle het met vasgebinde hande langs mekaar gelê.

Muller het ernstige hoofbeserings en ’n gebreekte kakebeen opgedoen.

’n Noodoperasie is by die Nelspruit Medi-Clinic op haar gedoen.

Jonker is in die Rob Ferreira- provinsiale hospitaal in Nelspruit opgeneem, maar reeds ontslaan.

Sy bakkie en twee selfone is gesteel. 

- Beeld

Lees meer oor: plaasmoorde

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

andre.rabie3 sê... n k bus, en moenie die drywer vergeet nie, 93, ek se n drywer, want n drol dryf en n bestuurder bestuur, Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2011
R 151,620.00

CHEVROLET

SONIC 1.4 LS 5DR
2012
R 156,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.