Bejaarde egpaar veg terug
2009-08-20 21:04
Johannesburg- ‘n Bejaarde egpaar in in Kroondraai, Pretoria wat ‘n inbreker in hulle kombuis betrap het, het nie met hulle laat mors nie.
Die 80-jarige man en sy vrou (74) het by die huis aangekom nadat hulle inkopies gaan doen het, toe hulle ‘n onbekende man in hulle kombuis gevind het.
Volgens insp. Llifi Ramatlo, polisiewoordvoerder, het die inbreker die vrou aangeval. Sy het terug baklei.
Haar man het intussen haar noodkrete gehoor en haar te hulp gesnel. Die inbreker het gevlug.
Volgens Ramatlo was die man nie gewapen. Die vrou is slegs ligtelik beseer in die voorval.
–Sapa