Bejaarde egpaar op plaas vermoor
2011-11-03 22:56
Johannesburg – ‘n Man en sy vrou is op ‘n plaas in Rustenburg in Noordwes vermoor, het die polisie Donderdag gesê.
Don du Plessis (72) en sy vrou, Jackie (68), is blykbaar Woensdagoggend met “voorwerpe” aangeval in hul huis, het kapt. Elsabé Augustides gesê.
‘n Besoeker het hul lyke later in verskillende slaapkamers gevind. Die vrou is ook een keer in die kop geskiet.
‘n Onbekende hoeveelheid kontant is uit die kluis gesteel, asook ‘n kamera en ‘n skootrekenaar, het Augustides gesê.
Die polisie is op soek na ‘n Zimbabwiese paartjie wat vir die Du Plessis-egpaar gewerk het. Die vrou was ‘n huishulp, terwyl haar kêrel algemene werk op die voëlplaas verrig het.
“Die polisie verbind hulle met die misdaad omdat hulle verdwyn het ‘n dag voor die lyke gevind is,” het Augustides gesê.
Die moorde word ondersoek.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA