Bejaarde ‘dankbaar sy is nie ook verkrag’

2010-03-25 14:59
Tweets Share Share line Print

Hester Thomas is in die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein opgeneem nadat sy by haar huis aangeval is. (Foto: Vicüs Bürger)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Vicüs Bürger

Bloemfontein - “Ek is net bly hy het my nie verkrag nie,” sê Hester Thomas (79) van Bloemfontein nadat haar aanvaller haar pimpel en pers geslaan, gewurg en boonop op haar getrap het.

Dit is die derde wrede aanval in minder as ’n week in Bloemfontein en omgewing waarin bejaardes wreed aangeval en beseer is.

Thomas is in die Pelonomi-hospitaal opgeneem.

Haar aanvaller het haar vermoedelik net vir kouevleis, kaas en kledingstukke “verniel”.

Thomas van Lilaclaan in Gardeniapark het Dinsdag die Dierebeskermingsvereniging (DBV) gebel om wilde katte uit haar tuin te verwyder.

Die weduwee bly al twee jaar alleen in die huis.

Thomas het op die stoep gewag toe ’n lang man van tussen 25 en 30 jaar opdaag.

Hy het werk gesoek, maar Thomas het gesê sy kan hom nie help nie.

Die man het weggeloop, maar later teruggekom en vir geld gevra. Thomas het gesê sy het nie geld by haar nie.

Die man het haar toe aangeval en met ’n mes bokant haar linkeroog gesteek. Hy het ook haar gordel afgesny en dit gebruik om haar te wurg.

“Hy het my geslaan dat die bloed loop en om die huis gesleep,” sê sy.

Volgens haar het die aanvaller ook op haar bors getrap.

“Hy was sterk.”

Die man het die huis se sleutels wat aan ’n lint om haar nek was, gevat en die huis oopgesluit.

Thomas is in die huis gedwing.

Die dapper vrou het terugbaklei. “Ek het hom al sy hel gegee.”

Van haar tone is blou van hoe sy haar aanvaller geskop het.

Sy het ook ornamente in die huis gegryp en hom daarmee geslaan.

Die aanvaller het in ’n hangkas gordels en ander artikels gekry waarmee hy Thomas vasgebind het.

Sy is in die badkamer toegesluit en het eers ure later daarin geslaag om haarself los te wikkel.

In die badkamer was ’n spaarsleutel en sy kon die deur oopsluit. Thomas is toe na haar bure, wat die polisie ontbied het.

Dit blyk al wat die aanvaller gesteel het, was kouevleis, kaas en vermoedelik kledingstukke.

Denis Thomas, ’n sakeman van Bloemfontein, sê dit is onaanvaarbaar wat met sy stiefma gebeur het.

“Sy is ’n goeie mens.”

Volgens hom is sy ’n sterk vrou met ’n wil van haar eie en sal die nagmerrie-ervaring kan verwerk.

Kapt. Chaka Marope, polisiewoordvoerder, het die huisroof bevestig. Volgens hom is niemand al in hegtenis geneem nie.

Dié aanval kom nadat ’n gesin Sondagaand in Jagersfontein deur ses mans met grawe en messe aangeval is.

Onder die slagoffers is mev. Francina van Vuuren (77) wat met bloeding op die brein in die Pelonomi-hospitaal in die stad opgeneem is.

Volksblad

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: misdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
29 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

andre.rabie3 sê... n k bus, en moenie die drywer vergeet nie, 93, ek se n drywer, want n drol dryf en n bestuurder bestuur, Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2011
R 151,620.00

CHEVROLET

SONIC 1.4 LS 5DR
2012
R 156,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.