Bejaarde by tehuis aangeval
2010-01-06 12:03
Johannesburg - ‘n Oppasser by ‘n tehuis vir bejaardes het op die vlug geslaan nadat sy een van die tehuis se inwoners aangeval het, het polisie gesê.
Insp. Aubrey Moopela het gesê die oppasser het na bewering die 68-jarige inwoner van die tehuis in Tau Bazaar, Sharpeville, met ‘n besemstok begin slaan toe die vrou geweier het om op te staan en haarself te gaan was.
“Ons het ‘n saak teen die oppasser gemaak en verwag om haar binnekort in hegtenis te neem,” het Moopeloa gesê.
- Sapa