Bejaarde boer vermoor

2010-11-08 08:16
Tweets Share Share line Print

Volksblad

Bloemfontein - ’n Bloedbevlekte kous, kussingsloop en lap is die stille getuienis van die grusame moord op ’n bejaarde boer van Bloemspruit.

Dié drie artikels lê in die kamer in 23 Dennelaan, Bloemspruit, waar Callie Steyn Vrydagmiddag laat op die lyk van sy pa, Barend Steyn (73), afgekom het.

’n Verdagte is Sondag in die omgewing van die hoewe vasgetrek.

Nog inhegtenisnemings kan volg.

Steyn jr. het Sondag aan Volksblad vertel hoe ’n besoek aan sy pa Vrydag kort voor 18:00 in ’n nagmerrie verander het.

“Ek het in die erf ingery en vir my pa geskree, want hy kom gewoonlik uit om te groet net nadat ek ingery het.”

Toe sy pa nie uitkom nie, het Steyn deur die oop agterdeur die huis ingegaan .

Alles was deurmekaar. Hy het uitgehardloop en vir sy vrou gesê om nie uit die motor te klim nie.

“Ek het weer ingegaan.

“Toe sien ek my pa in die tweede slaapkamer op die grond.

“Ek het eers gedink hy is geskiet, want ek het net bloed gesien.”

Die vermoorde Steyn het op sy maag gelê.

“’n Stuk lap was om sy kop en nek gedraai. Sy hande was agter sy rug vasgebind.

“Ek het hom omgedraai, die lap verwyder en gekyk of hy nog lewe. Ek het gevoel vir ’n pols, maar hy was koud,” het sy huilende seun vertel.

Langs sy pa se lyk het ’n piksteel en ’n strykyster, wat steeds ingeprop was, gelê.

Die piksteel, strykyster en ’n ysterstaaf is vermoedelik gebruik om Steyn te vermoor.

In die kamer waarin hy vermoor is, was ’n kluis.

’n Hoekslyper is in die kamer gekry en ’n breekyster het teen die bed gestaan.

Elektriese toestelle en kruideniersware in sakke is in die gange gepak, gereed om verwyder te word.

Callie en sy broer, Bennie, het begin om die waardevolle artikels en vee van die hoewe te verwyder, sodat dit nie gesteel word nie.

Hulle het ook veiligheidswagte aangestel om die hoewe te bewaak.

Die polisie se eenheid teen georganiseerde misdaad, die Valke, het Sondag ’n man weens die moord op hul pa in hegtenis geneem.

Die verdagte is in Bloemspruit vasgetrek.

Nog verdagtes kan binnekort in hegtenis geneem word.

Kapt. Elsa Gerber, polisiewoordvoerder, sê die vermoorde Steyn is Vrydag omstreeks 14:30 laas gesien, toe hy van die stad teruggekeer het.

“Dit is die skokkendste van dit alles,” sê Bennie Steyn. “Dat dit helder oordag kon gebeur.”

Hy het telkemale vergeefs sy pa gesmeek om by hom op sy hoewe te gaan bly.

“Hy het ’n eenvoudige lewe gelei. Hy het jare lank op die spoorweë gewerk.

“Dit was sy droom om te boer.

“Toe hy 20 jaar gelede afgetree het, het hy die hoewe gekoop en begin boer.

“Hy het almal gehelp en almal rondgery,” sê Callie Steyn.

“Hy het juis Vrydagoggend ’n vrou ingery stad toe om haar pensioen te trek.”

Steyn was ’n geliefde inwoner in Bloemspruit.

Die Steyn-broers hoop iets kan gedoen word om bejaardes wat op hoewes en plase woon meer bewus te maak van veiligheid, om soortgelyke voorvalle te keer.

- Volksblad

Lees meer oor: plaasmoorde

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sarie sê... Ek wonder of hulle nou in Duitsland ook 'n aansoek gaan bring dat die skildery van waar dit ookal uitgestal gaan word, verwyder moet word omdat dit oopgulp se waardigheid aantas Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2011
R 151,620.00

CHEVROLET

SONIC 1.4 LS 5DR
2012
R 156,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.