Bejaarde boer doodgeskiet
2012-01-30 22:56
Johannesburg – ‘n Sewe-en-sewentig-jarige boer is doodgeskiet by sy huis buite Stella naby Vryburg, het die polisie in Noordwes Maandag gesê.
Hendrik Cilliers is Sondagaand halfkaal op die grond gevind, vyf meter weg van sy huis, het brig. Thulane Ngubane gesê.
Hy het ‘n koeëlwond aan sy kop gehad en sy hande en voete was met skoenveters vasgebind, het Ngubane gesê.
‘n Buurman het die polisie gekontak toe hy Cilliers se motor op die hoofpad gesien het en hy nie sy telefoon geantwoord het nie.
Die motief vir die moord is onbekend. Die polisie is op soek na die moordenaars.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA