Bejaarde (92) kry doktorsgraad

2010-07-29 09:00
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein -  Toe sy in 1976 haar jongste seun by die treinstasie gaan afsien het op pad Stellenbosch toe as eerstejaar, het hy vir haar gesê: “Mamma, moet net nie laat slaplê nie.”

En slaplê het sy beslis nie. Anna de Jager (92) van Bloemfontein het pas gehoor sy het haar doktorsgraad aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) verwerf. Dié graad sal sy in September ontvang, ’n maand voordat sy 93 word.

De Jager het gister gesê sy verstaan nie waarom daar ’n bohaai gemaak word nie, want “om te studeer is vir my so natuurlik”.

Die ma van drie seuns, ouma van sewe en oumagrootjie van een, is in 1917 op ’n plaas in die Griekwastad-distrik gebore. Sy en haar man, wat vier jaar gelede oorlede is, dr. Aap de Jager, op sy dag legendariese onderwyser en politikus, het in 1993 na Bloemfontein verhuis om naby ’n universtiteit te wees.

Hy het sy doktorsgraad in geskiedenis aan die UV behaal met die Die geskiedenis van die Vaalharts-besproeiingskema.

De Jager se studie het op die ouderdom van 58 begin nadat haar jongste kind uit die huis is. Sy het haar ingeskryf vir ’n BA-graad in sielkunde en kriminologie.

“Die een ding het tot die volgende gelei en ek wou graag net aanhou studeer. My man se studie het my geïnspireer. En ek wou my graag met iets nuttigs besig hou.”

Haar doktorsgraad het sy nou in teologie verwerf ná haar navorsing oor die mate van geloofsbetrokkenheid van die huidige Afrikaansprekende adolessent.

“My bevinding is jong mense is steeds absolute Christene.”

Maar hoe kry ’n bejaarde persoon dit reg om steeds so helder van gedagtes te wees en soveel lus vir die lewe te hê?

“Deur genade van Bo. En om fisiek en geestelik aktief te wees.”

Sy klim nog gereeld die sewe verdiepings trappe na haar woonstel toe en ry elke oggend op haar oefenfiets.

Sy woon nou wel alleen, maar hoop nie sy hoef ooit na ’n tehuis vir bejaardes te gaan nie.

“Ek gebruik huurmotors om my rond te karwei. Dit sal goed wees as alle bejaardes dit begin doen.”

Oor wat volgende vir haar voorlê, is sy nog nie seker nie.

“Maar ek sal iets moet kry om te doen, ek is reeds besig om verveeld te raak.”

- Volksblad

Lees meer oor: kan jy glo  |  bejaardes

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sarie sê... Ek wonder of hulle nou in Duitsland ook 'n aansoek gaan bring dat die skildery van waar dit ookal uitgestal gaan word, verwyder moet word omdat dit oopgulp se waardigheid aantas Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2011
R 151,620.00

CHEVROLET

SONIC 1.4 LS 5DR
2012
R 156,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.