Bejaarde (74), dogter op plaas oorval

2010-10-11 06:17
Tweets Share Share line Print

Volksblad

Bloemfontein - ’n Plaasaanval in die Hertzogville-distrik het inwoners van dié omgewing Sondag geruk.

Omstreeks 06:00 het Manie van Zyl (74) van die plaas Nooitgedacht, sowat 5km van Hertzogville, soos gewoonlik opgestaan om die hoenders te gaan kos gee, toe hy opmerk daar is met die veiligheidshek gepeuter.

Volgens sy dogter, Elmarie van Zyl (44), wat ook op die plaas woon, het Van Zyl uitgestap toe ’n man hom oorval en met ’n stuk yster aangerand het.

“My pa het geval en die man het by die huis ingestorm. My pa het agterna gekom en my geroep.

“Die aanvaller het my pa oor die tafel gestamp. Toe ek by die eetkamer inkom, het hy gereed gemaak om my pa met ’n stoel te slaan,” het sy Sondag gesê.

Toe hy haar sien, het hy haar gegooi met ’n glasdeksel van ’n pot wat daarnaby gestaan het.

“Die deksel het my onder die oog getref en my bril het gebreek. Hy het gesê hy soek ’n beursie.”

Van Zyl sê sy het daarin geslaag om die boosdoener op ’n manier weer uit die huis te kry.

“Hy het my met sy vuiste geslaan en gesê hy gaan my doodskiet as ek nie vir hom R100 gee nie. Hy het gevroetel in sy broeksak, klaarblyklik om ’n vuurwapen uit te haal.”

Volgens Van Zyl kon sy daarin slaag om die houtdeur toe te druk en te sluit. Die man het in die rigting van die nabygeleë Malebogo-woonbuurt gehardloop.

Hannes de Jager, een van die koördineerders van die landelike veiligheidsprogram, het die boere van die omgewing laat weet en saam met die plaaslike polisie die verdagte se spoor gevolg.

Volgens kapt. Harry Nagel, polisiewoordvoerder, is die 31-jarige verdagte enkele ure ná die voorval in sy huis in die township in hegtenis geneem.

Hy word in die Boshof-polisieselle aangehou en sal môre in die hof verskyn op aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer en poging tot huisbraak.

Me. Van Zyl sê hulle is baie geskok, maar dankbaar dat hulle nog lewe.

“Ons bly nou eers twee maande op die plaas. Ek is baie bly nie ek of my pa is baie ernstig beseer nie.”

- Volksblad

Lees meer oor: plaasaanvalle

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sarie sê... Ek wonder of hulle nou in Duitsland ook 'n aansoek gaan bring dat die skildery van waar dit ookal uitgestal gaan word, verwyder moet word omdat dit oopgulp se waardigheid aantas Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2011
R 151,620.00

CHEVROLET

SONIC 1.4 LS 5DR
2012
R 156,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.