Nasionale gesondheidskema dalk deel van begroting
2012-02-21 15:56
Kaapstad – Alle oë is op Pravin Gordhan, minister van finansies, wat Woensdag in die parlement sy begrotingstoespraak lewer.
Gordhan moet verseker dat die balansstate klop, maar hy het ook die taak om geld te bekom vir verreikende regeringsprogramme.
Die minister sal waarskynlik meer lig werp op die befondsing van die nasionale gesondheidskema en infrastruktuurprogramme wat pres. Jacob Zuma in sy staatsrede aangekondig het, het RSG berig.
Die geldsake van die Suid-Afrikaanse nasionale padagentskap (Sanral) en die omstrede Gautengse e-tolpadstelsel sal waarskynlik ook aandag kry.
Hoër inkomstebelasting, korporatiewe belasting en BTW is van die ooglopende planne om geld in die hande te kry, maar dit sal beteken dat armes die ergste geraak sal word, het die radiostasie berig.
Volg Nuus24 op Twitter