'Begroting wys vertroue in SA'
2012-02-23 14:06
Johannesburg – Pravin Gordhan, minister van finansies, se begroting wys Suid-Afrika kan sy ekonomie uitbrei anders as talle ontwikkelde lande wat ‘n moeilike tyd weens ekonomiese krisisse binnegaan, het die Kamer van Handel en Nywerheid van Suid-Afrika (Kamsa) gesê.
“Die begrotingsrede was ‘n selfversekerde teken dat Suid-Afrika gereed is om sy ekonomie uit te brei,” het Neren Rau, hoofbeampte van Kamsa, in ‘n verklaring gesê.
“Dit is in skrille teenstelling met die fiskale ellendes van die meeste ontwikkelde nasies en Kamsa verwelkom die pragmatiese benadering tot die bestuur van die Suid-Afrikaanse openbare finansies.”
Kamsa sê hy hou van verskeie toewydings in die begroting, soos die besonderhede oor die finansiering van verskeie beleggings in infrastruktuurprogramme.
Kamsa meen die 20% verhoging in die brandstofheffing sal ‘n drastiese impak hê op die koste van die manier waarop mense besigheid doen.
“Hierdie sal ‘n besonderse negatiewe impak hê op die klein- en medium ondernemings wat reeds onder ernstige uitdagings aangaande volhoubaarheid steier.”
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA