Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Begrafnisondernemer vas ná hy lyk verhuur

2012-12-24 17:45
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – 'n Begrafnisondernemer en 'n vrou is naby Umbilo, Durban, in hegtenis geneem nadat hulle glo 'n lyk gebruik het om van 'n lewensversekeringspolis te eis, het die polisie Maandag gesê.

Die 35-jarige vrou het na bewering 'n geboortesertifikaat van 'n persoon, genaamd Aphiwe Ntombela, vervals, het kol. Vincent Mdunge, polisiewoordvoerder, gesê.

Sy het toe drie lewensversekeringspolisse van sowat R950 000 in die persoon se naam uitgeneem en 'n aantal maandelikse betalings gemaak.

"Toe sy van die polisse kon eis, het sy 'n probleem gehad, want sy moes iemand doodmaak wat nie bestaan nie," het Mdunge gesê.

"Om dié probleem op te los het sy 'n begrafnisondernemer van uMlazi genader en hom gevra om die lyk van 'n vrou te leen sodat die dokter die lyk kan ondersoek."

Verlede Woensdag het die begrafnisondernemer 'n vrou se lyk uit sy lykhuis na die eThekwini-lykhuis geneem, waar hy gesê het dit is die lyk van Aphiwe Ntombela.

"Die dokter het die lyk gesien en die vrou dood verklaar."

Die vrou het die doodsertifikaat gebruik om van die lewensversekeringspolisse te eis.

Die begrafnisondernemer sou Vrydag terugkeer om die vrou se lyk te kom haal, sodat haar regte familie haar kan begrawe.

Die polisie het 'n wenk ontvang oor die slenter en het die begrafnisondernemer by die eThekwini-lykhuis ingewag en hom in hegtenis geneem.

Volgens die woordvoerder is die vrou, wat die polisse uitgeneem het, ook in hegtenis geneem.

Die twee verskyn Maandag op aanklag van bedrog in die Durbanse handelshof.
      
– Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lees meer oor: bedrog  |  misdaad
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
31 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Tertia Rossouw Möller sê... e-Muti Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Friday Roodepoort - 19:59 PM
    Road name: Ontdekkers Road
    TRAFFIC LIGHTS not working at Ruhama Drive
  • Friday Randburg - 19:58 PM
    Road name: Malibongwe Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Boundary Road
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

MS BI Developer

Sandton
Communicate Cape Town Engineering

Courier Sales Executive

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

BDE ? Clearing & Forwarding

Durban
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.