Bees se kaartdief uit op borgtog
2010-09-13 16:15
Johannesburg – Die 29-jarige man wat in hegtenis geneem is nadat hy glo die Blou Bul-stut Bees Roux se kredietkaart gesteel en gebruik het, is Maandag in die Pretoriase landdroshof op R2 000 borgtog vrygelaat, het SABC-nuus berig.
Vusumuzi Ntloko, van Mamelodi, is op 3 September in hegtenis geneem nadat hy glo Roux se kredietkaarte by verskeie winkels gebruik het, het brig. Mahlomola Manganye van die Sunnyside polisiestasie in Gauteng gesê.
Ntloko het glo die twee kredietkaarte opgetel op die toneel waar Roux glo ‘n 38-jarige metropolisielid, Ntshumane Johannes Mogale, op 27 Augustus doodgeslaan het.
Ntloko is sedertdien afgedank by sy werk.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA