Bees se beursie: Man kry vonnis

2011-11-11 09:06
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Nog ’n man wat die gewese Blou Bul-stut Bees Roux se beursie gesteel het terwyl hy en ’n Tshwane-metropolisielid handgemeen geraak het, het Donderdag skuld beken op aanklag van diefstal en twee van bedrog.

Vusimuzi Ntloko (30) is in die landdroshof in Pretoria kragtens ’n pleitooreenkoms tot ’n boete van R10 000 of 24 maande tronkstraf gevonnis. Die helfte daarvan is vir vyf jaar opgeskort.

Hy is in September verlede jaar gearresteer, ’n paar dae ná die voorval waarin sers. Ntshimane Johannes Mogale (38) dood is.

Meer as R9 000 is met Roux se bankkaarte gesteel.

Bhekizizwe Mbela en Thabang Mokwele en is ook in verband daarmee gearresteer.

Mbela het vroeër skuld op drie aanklagte van bedrog beken en is tot ’n boete van R4 500 of ’n jaar tronkstraf gevonnis.

Ntloko het intussen ook ’n pleitooreenkoms met die staat aangegaan en sy verhoor is van Mokwele s’n geskei.

Mokwele se verhoor is tot volgende jaar uitgestel.

Kas Sami-Kistnan, senior staatsaanklaer, het gesê Ntloko het berou getoon.

Sy prokureur, Moses Mkhabela, het gevra dat Ntloko die boete afbetaal.

Die hof het gelas dat Ntloko Donderdag ­­R2 000 van die boete betaal. Die res moet in paaiemente van R1 000 per maand betaal word. 

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: bees roux  |  hof  |  misdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
29 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sarie sê... Ek wonder of hulle nou in Duitsland ook 'n aansoek gaan bring dat die skildery van waar dit ookal uitgestal gaan word, verwyder moet word omdat dit oopgulp se waardigheid aantas Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2011
R 151,620.00

CHEVROLET

SONIC 1.4 LS 5DR
2012
R 156,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.