Bees-saak: Valke ingeroep
2010-09-06 09:00
Kaapstad – ‘n Interne ondersoekbeampte van die Tshwane-metropolisie het Sondag aan Eyewitness News gesê dat die Blou Bul-stut Bees Roux moontlik die slagoffer was van ‘n korrupte tendens in die polisiemag wat drie jaar gelede geïdentifiseer is.
Dit het verlede week geblyk sers. Ntshimane Mogale het moontlik die rugbyspeler probeer omkoop, waarna ‘n geveg tussen hom en Roux uitgebreek het.
Roux, wat beweer dat die beampte hom probeer beroof het, het Mogale glo toe doodgeslaan.
Volgens Eyewitness News het die Tshwane-metropolisie se interne ondersoekeenheid die Valke genader om hulle te help om korrupsie binne die eenheid te verhoed.
Senior Tshwane interne ondersoekbeamptes en verskeie metropolisie-beamptes het gesê dat sommige beamptes dronk bestuurders teiken vir omkoopgeld, veral in Hatfield en Sunnyside.
Lees meer by Eyewitness News
Volg Nuus24 op Twitter