'Bees nie te lig gestraf'

2011-09-13 08:03
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Bees Roux het “nie met moord weggekom nie”. Strafbare manslag is ’n ernstige oortreding, hy het ’n misdaadgeskiedenis, is in die openbare oog en sy loopbaan het skade gely.

So het prof. Annette van der Merwe van die departement prosesreg aan die Universiteit van Pretoria (UP) Maandag by navraag gesê oor Roux (28) se vonnis wat Vrydag in die hooggeregshof in dié stad opgelê is.

Roux, ’n Blou Bul-stut, is kragtens ’n pleit-en-vonnisooreenkoms met die staat vyf jaar tronkstraf opgelê wat vir vyf jaar opgeskort is.

Hy het skuld beken op aanklagte van strafbare manslag en bestuur onder die invloed van drank in die vroeë oggendure van 27 Augustus verlede jaar.

Roux het sers. Johannes Ntshimane Mogale (38) van die Tshwane-metropolisie toe op straat doodgeslaan.

Luidens Roux se verklaring voor die hof het Mogale hom vooraf ontvoer, gedreig en wou sy bankkaart se PIN hê. Hy het Mogale geslaan om dié “onskadelik” te stel. Mogale het toe beswyk.

As deel van die ooreenkoms moet Roux teen Vrydag ­R750 000 aan Mogale se weduwee, Margaret, betaal.

Van der Merwe het gesê die Strafproseswet skryf voor die misdaadslagoffer (mev. Mogale) moet in die onderhandelinge vir die pleit-en-vonnisooreenkoms erken word.

“Die slagoffers word in ons reg baie afgeskeep. Dié geval is ’n uitstekende voorbeeld van hoe die slagoffer vergoed word. Dié bedrag is buitengewoon groot.”

Suid-Afrika het boonop nie ’n staatsvergoedingskema vir slagoffers soos ander lande nie.

Van der Merwe het gesê die staat en beskuldigde onderhandel ook oor die feite van die saak.

Roux het in die hof erken hy was onder die invloed van drank en het die scenario geskets dat hy ’n slagoffer was van ’n poging tot korrupsie. Hy het regverdige gronde gelê vir sy gedrag. Die hof het dié feite aanvaar. Sonder dié stellings deur Roux, sou die hof – wat die laaste sê het – nie die ooreenkoms aanvaar het nie.

Van der Merwe het gesê die ooreenkoms se hoofoogmerk is ’n ligter vonnis vir die beskuldigde.

Die staat word ook bevoordeel. Dié bespaar tyd, geld en bewysrisiko’s en is van ’n skuldigbevinding verseker.

As die staat – wat Roux aanvanklik van moord aangekla het – nie kon bewys sy optrede was opsetlik nie, maar nalatig, sou die hof hom aan strafbare manslag skuldig bevind het.

Prof. Wium de Villiers, oudlanddros en ’n strafprosesregkenner aan die UP, het gesê Roux “het nie ’n te ligte vonnis” gekry nie.

“Dit (die voorval) gaan nie sommer weer oor sy pad kom nie. Ek kan nie sien dat hy in die tronk moes gaan sit om ’n les te leer nie.

“Op die feite tot my beskikking, was die ooreenkoms waarskynlik die beste roete. Dié soort ooreenkomste is ook nie uniek in ons regstelsel nie.”

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: bees roux  |  misdaad  |  hof

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sarie sê... Ek wonder of hulle nou in Duitsland ook 'n aansoek gaan bring dat die skildery van waar dit ookal uitgestal gaan word, verwyder moet word omdat dit oopgulp se waardigheid aantas Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2011
R 151,620.00

CHEVROLET

SONIC 1.4 LS 5DR
2012
R 156,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.