Bees Roux se moordverhoor wéér uitgestel
2011-08-01 11:09
Kaapstad – Die moordsaak teen die Blou Bul-rugbyspeler Bees Roux is tot 5 September uitgestel, het OFM berig.
Roux (28) sou na verwagting Maandag in die Pretoriase hooggeregshof verskyn op aanklag van moord nadat hy op 27 Augustus verlede jaar in hegtenis geneem is.
Hy is vasgetrek in verband met die moord op ‘n Tshwane-metropolisieman.
Sers. Ntshimane Johannes Mohale (38) het Roux na bewering in die vroeë oggendure voorgekeer weens beweerde dronkbestuur.
’n Onderonsie het tussen Roux en Mohale ontstaan, waarna Roux hom glo aangerand het.
Mohale het op die toneel, op die hoek van Richard- en Schoemanstraat, aan sy beserings beswyk.
Die Pretoriase landdros het destyds die saak teen die rugbyspeler as ‘n skedule ses-oortreding verklaar.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Nuus24