Bees Roux-saak uitgestel
2010-10-15 11:00
Kaapstad – Die Blou Bul-stut Bees Roux het Vrydag in die hof verskyn op aanklag van moord en dronkbestuur.
Volgens Devereaux Morkel, ’n joernalis vir Jacaranda 94.2 wat van die hof uit tweet, is die saak tot 10 Desember uitgestel.
Roux is op 27 Augustus deur metropolisielede afgetrek omdat hy glo onder die invloed bestuur het.
’n Onderonsie het tussen Roux en sers. Ntshimane Johannes Mohale (38) ontstaan, waarna Roux hom glo aangerand het.
Mohale het op die toneel, op die hoek van Richard- en Schoemanstraat, aan sy beserings beswyk.
Volg Nuus24 op Twitter.