Bees Roux-moordverhoor wéér uitgestel
2011-02-08 10:13
Pretoria – Die moordverhoor van die Blou Bul-rugbyspeler, Bees Roux, is in die landdroshof in Pretoria tot 23 Februarie uitgestel.
Tydens sy laaste hofverskyning het die staat aangedui dat die saak vir verhoor na die Noord-Gautengse hooggeregshof verwys sal word.
Die saak is in Desember verlede jaar uitgestel om die staat kans te gee om die samestelling van sy dossier af te handel, voordat hulle dit aan die verdediging oorhandig.
Die 28-jarige Roux staan tereg op 'n aanklag van moord nadat hy op 27 Augustus verlede jaar in hegtenis geneem is.
Die lyk van 'n Tshwane-metropolisieman, Johannes Mogale, is vroeër met kopbeserings in Schoemanstraat in Pretoria gevind. Hy het Roux na bewering voorgekeer weens beweerde dronkbestuur.
– RSG
Volg Nuus24 op Twitter