Bees Roux: Talle tergende vrae

2010-08-31 06:34
Tweets Share Share line Print

Pretoria - Die Blou Bul-stut Bees Roux se kredietkaart is by ’n kitskos-restaurant gebruik nadat hy in hegtenis geneem is weens ’n beweerde aanval op ’n metropolisiebeampte.

Die kwessie is een van verskeie onbeantwoorde vrae in die saak, het Roux, wat teregstaan op aanklag van moord op ’n metropolisieman van die Tshwane-munisipaliteit, se regsverteenwoordiger, Rudi Krause, gister in die Pretoriase landdroshof aangevoer.

Roux het aansoek gedoen om borgtog ná die dood Vrydag van sers. Ntshimane Johannes Mohale (38).

Krause het gesê Roux se kredietkaart is Vrydagoggend om 02:31 by ’n McDonald’s-eetplek gebruik – tussen ’n halfuur en ’n uur nadat Roux in hegtenis geneem is nadat hy Mohale na bewering aangerand het.

Roux het effens senuagtig voorgekom in die hof.

Sowat 50 metropolisiebeamptes, Di­keledi Lehobye, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid, en familielede van Roux was ook in die hof teenwoordig.

Mohale se broer, Richard Taukobong (48), het Roux toegesnou “Jou f—n hond!” toe hy na die beskuldigdebank gelei is.

Toe Roux minute later vir ’n kort verdaging uitgelei is, het Taukobong weer geskree: “Ek gaan jou ma kry, jou f—n hond!”

Lede van die metropolisie moes Taukobong telkens terughou. Ná die etensuur het gewapende lede van die polisie se taktiese ­reaksie-eenheid die hofsaal binnegekom.

Roux het in sy verklaring, wat deur Krause voorgelees is, aangevoer hy is nie ’n vlugrisiko nie en dat hy tot dusver alles in sy vermoë gedoen het om die polisie met die ondersoek te help.

“Ek het geen begeerte om as ’n voortvlugtige te leef nie,” het hy gesê.

Borgtog

Die verdediging het gesê Roux gaan skuld ontken en het gevra dat borgtog op R5 000 vasgestel word. Die staat het gevra dat dit op R20 000 vasgestel word.

Hooflanddros Desmond Nair het dit egter op R100 000 vasgestel.

Die ondersoekbeampte, sers. Patrick Mafanel, het getuig dat die omstandighede rondom die voorval nog onduidelik is.

“Ons weet Mohale was saam met twee kollegas aan diens en dat hulle Roux op die hoek van Schoeman- en Festivalstraat afgetrek het vir dronkbestuur,” het Mafanel gesê.

“Mohale het aan sy kollegas gesê hy gaan Roux se motor huis toe bestuur omdat Roux dronk is.

“Ons weet egter nie hoe het dit gekom dat die kollegas nie agterna gery en nie die aanranding gesien het nie.”

Die verdediging het aangevoer daar is nog baie vrae wat onbeantwoord is – soos waarom Mohale se kollegas nie agter hom aangery het nie en Roux nie in hegtenis geneem is vir dronkbestuur nie.

Polisiekantore

Dis ook onduidelik hoekom Mohale skynbaar in die teenoorgestelde rigting van die naaste polisiekantore – in Brooklyn en Sunnyside – maar in die rigting van Roux se huis gery het.

Mafanel het ook getuig dat Mohale se twee kollegas nie verklarings afgelê het ná die voorval nie omdat hulle nie gesien het wat gebeur het nie.

Nair het dié omstandighede ook as “vreemd” bestempel.

Roux se pa, Phillip, en sy ma, Yvonne, en sy vriendin, Carien du Toit, het ook gister die hofverrigtinge bygewoon.

Die familie wil in dié stadium nie met die media praat nie.

James Adams, Roux se agent, het ná die hofverrigtinge aan die media gesê Roux wil graag sy vriende, familie en regsverteenwoordiger wat hom in dié moeilike tyd bystaan, bedank.

Buite die hof het ’n groep van sowat 40 mense met plakkate teen borgtog vir Roux betoog.

Taukobong het buite die hof gesê hulle is hartseer.

“Maar ons is vol vertroue dat geregtigheid sal geskied.”

Geeneen van Roux se Blou Bul-spanmaats was gister by die hof nie.

Metropolisie se prosedures in die Wes-Kaap

Kaapstad. – Enigiemand wat in hegtenis geneem word vir dronkbestuur moet in ’n amptelike polisievoertuig na die naaste polisiekantoor geneem word, het Nowellen Petersen, woordvoerder van die metropolisie in die Wes-Kaap, gister gesê.

Geen lid van die polisie of metropolisie kan enigiemand wat in hegtenis geneem is in die persoon se eie voertuig na ’n polisiekantoor neem nie, het hy gesê.

Die persoon se bloedalkoholvlak moet eers op die toneel getoets word.

As daar ’n passasier in die voertuig is wat oor ’n geldige rybewys beskik en wat onder die wetlike bloedalkoholvlak is, sal dié passasier toegelaat word om die motor verder te bestuur.

Die persoon wat in hegtenis geneem is, kan ook iemand ander kontak om die motor te kom haal.

Indien niemand beskikbaar is om die motor van die padblokkade te verwyder nie, bestuur ’n lid van die verkeersdiens of polisie self die motor na die polisiekantoor, waar dit ingeboek sal word en die sleutels in ’n kluis gebêre word tot iemand dit kan kom haal. – Thinus Dippenaar

Bokke vir Bees

Die Springbokke steun Bees Roux ten volle, hoewel hulle nie die daad ondersteun waarin hy na bewering ’n metropolisieman doodgeslaan het nie, het Peter de Villiers, Bok-afrigter, gesê.

Hy het op ’n mediakonferensie in Bloemfontein gesê die span leer uit voorvalle soos dié van die Blou Bul-stut “sodat niks in hul pad kom in hul opmars na die Wêreldbeker-rugbytoernooi nie”.

Onsekerheid oor sy plek in Blou Bul-span

Die Blou Bulle Maatskappy (BBM) kon teen gistermiddag nog nie aandui of Bees Roux vir die res van die Curriebeker-reeks oorweeg sal word of nie.

Roux het tot dusver in die reeks as plaasvervanger-stut vir die Blou Bulle uitgedraf.

Barend van Graan, uitvoerende hoof van die BBM, het gesê hulle sal eers ’n besluit oor Roux se insluiting in die span hangende die moordsaak teen hom neem nadat hulle met hom gepraat het.

Die BBM kon nog nie met Roux praat nie, omdat hy eers gistermiddag in die Pretoriase landdroshof op borgtog vrygelaat is.

Volgens Van Graan sal die BBM vir eers nie kommentaar oor die saak lewer nie.

- Beeld

Lees meer oor: bees roux  |  hof

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sarie sê... Ek wonder of hulle nou in Duitsland ook 'n aansoek gaan bring dat die skildery van waar dit ookal uitgestal gaan word, verwyder moet word omdat dit oopgulp se waardigheid aantas Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2011
R 151,620.00

CHEVROLET

SONIC 1.4 LS 5DR
2012
R 156,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.