Beeld-fotograaf by Unisa aangerand

2011-08-23 14:12
Tweets Share Share line Print

Craig Nieuwenhuizen het onder meer 'n besering aan sy oog opgedoen nadat veiligheidswagte by Unisa hom aangerand het.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Pretoria – 'n Beeld-fotograaf is Dinsdagoggend deur 'n groep veiligheidswagte by 'n gebou van Unisa aangerand terwyl hy 'n verslaggewer vergesel het wat ondersoek wou instel na klagtes oor die lugreëling en slegte reuk in die gebou.

'n Veiligheidswag wou die onderwysberiggewer, Alet Rademeyer, en fotograaf, Craig Nieuwenhuizen, nie toegang tot die Eskia Mphahlele-gebou gee nie.

Die wag het later na die hoofingang van die gebou gestap en Nieuwenhuizen en Rademeyer het hom gevolg.

Volgens Rademeyer het 'n ander wag op hulle afgestorm en hulle beveel om terug na die hek te gaan. Hy het Nieuwenhuizen teen die skouer gestamp.

'n Woordewisseling het ontstaan en sy en Nieuwenhuizen het terug hek toe begin stap, het Rademeyer gesê.

By die hek het die wag Nieuwenhuizen aan die keel gegryp. Nog twee of drie wagte het begin om die fotograaf te slaan.

Nieuwenhuizen het pepersproei uit sy sak gehaal en sy aanvallers gespuit om die aanval te probeer afweer. Hy het op die grond geval terwyl hulle aangehou het om hom te skop, het Rademeyer gesê.

Volgens haar was daar nie enige reaksie op haar pleidooie om op te hou met die aanranding nie.

Peet Kruger, redakteur van Beeld, het in reaksie op die voorval gesê bullebakkery soos hierdie aanranding van ‘n persfotograaf deur veiligheidswagte by Unisa is totaal onaanvaarbaar en in stryd met die gees van die land se demokrasie.

''Die joernaliste was by 'n gebou van ‘n openbare instansie.

"Joernaliste se rol is om Suid-Afrikaners se stories te vertel sodat gewone mense gehoor word en om die lig te laat skyn op probleme in die hoop dat mense wat die gesag het, die probleme sal regstel. In die geval was dit die storie van Unisa-werknemers se onaangename werktoestande nadat die departement van arbeid die vorige dag opdrag gegee het dat die lugversorging afgeskakel word.

"Aanranding en geweld – teen wie ook al – is nie die manier om vrae, ondersoeke en debat te hanteer nie." 

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: unisa  |  aanrandings  |  media

Lewer kommentaar op hierdie artikel
23 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sarie sê... Ek wonder of hulle nou in Duitsland ook 'n aansoek gaan bring dat die skildery van waar dit ookal uitgestal gaan word, verwyder moet word omdat dit oopgulp se waardigheid aantas Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2011
R 151,620.00

CHEVROLET

SONIC 1.4 LS 5DR
2012
R 156,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.