Bedrogspul teiken Mandela-stigting

2009-09-14 14:13
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die Nelson Mandela-stigting en die Fifa-organiserings­komitee is in ’n vals lotery op die internet betrek.

’n E-pos doen die ronde wat ’n prys van honderde duisende rande belowe in ’n kompetisie wat glo deur die Mandela-stigting en die plaaslike reëlingskomitee vir die Wêreldbeker-sokkertoernooi geloods is.

Die Nelson Mandela-stigting het Maandag beaam dat die lotery nie bestaan nie.

Die organisasie het in Februarie en Mei soortgelyke verklarings uitgereik oor die e-pos, wat al ’n geruime tyd op die web sirkuleer.

Die e-pos, getiteld "2010 World Cup Lottery Draw Notice", verskyn sedert Januarie in e-pos rekeninge reg oor die land.

Die vals e-pos, wat ook ’n registrasienommer en adres vir die stigting bevat, lees:

"Dear Winner,

This is to inform you that the Nelson Mandela Foundation and the Local Organising Committee (LOC) of the
2010 FIFA World Cup, here in South Africa, has held an Internet Raffle Draw, and your e-mail address was among the 2010 e-mail addresses that was picked through the computer ballot system.

"We therefore with great pleasure, notify you that your e-mail address happened to come out top number (1) out of the 2010 e-mail addresses, on the final ballot draw, and this had made you the jackpot winner of the sum of US$850,000.00 (eight hundred and fifty thousand United States Dollars).

"Be aware that this raffle draw was organised by the Nelson Mandela Foundation and the Local Organising Committee (LOC) of the 2010 World Cup, to create awareness for the World Cup, as South Africa is finalising their preparation for the hosting of the 2010 World Cup.

"Below are your winning details..."

Die vals e-pos noem Ou Mutual versekeraars en Standard Bank as borge van die lotery.

Die stigting se webwerf, www.nelsonmandela.org, bevat verdere informasie oor hierdie en soortgelyke pogings tot bedrog waarby die stigting betrek is.

- Sapa

Lees meer oor: nelson mandela  |  bedrog

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sarie sê... Ek wonder of hulle nou in Duitsland ook 'n aansoek gaan bring dat die skildery van waar dit ookal uitgestal gaan word, verwyder moet word omdat dit oopgulp se waardigheid aantas Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2011
R 151,620.00

CHEVROLET

SONIC 1.4 LS 5DR
2012
R 156,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.