'Bedrog' met beurtkrag

2011-09-14 09:01
Tweets Share Share line Print

Kaapstad. – Individue in drie elektrisiteit-rolspelers het dalk kragonderbrekings in 2008 vir eie gewin gemanipuleer.

Beeld verneem van ’n betroubare regeringsbron mense in Eskom, die departement van energie en die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) is dalk betrokke.

Die bron beweer die individue het baat gevind onder meer deur die verskaffing van bystand­krag­opwekkers aan hospitale en munisipaliteite deur private maatskappye waarby hulle betrokke was.

Suid-Afrika is tussen Januarie en April 2008 verlam deur aanhoudende kragonderbrekings en bystandkrag was hoog in aanvraag.

Die kragonderbrekings het die ekonomie miljarde rande gekos.

Omphi Aphane, adjunk-direkteur-generaal van energie, se naam is al rakende die kragopwekkers genoem.

Aphane is ’n direkteur van Lesedi Engineering Services, ’n groep wat reeds verskeie kontrakte met Eskom losgeslaan het.

Lesedi Engineering spog op sy webwerf dat hy reeds tenders ontvang het vir verskeie kragprojekte, sowel as die installering van kragopwekkers, onder meer by ’n nuwe hospitaal in Mamelodi.

Die maatskappy het volgens die ­Cipro-webwerf sowel as sy eie webwerf twee direkteurs, Aphane en mnr. Julian Masego, wat self ook voorheen by Eskom gewerk het.

Masego het Dinsdag geweier om kommentaar te lewer oor Aphane se betrokkenheid by die maatskappy.

Hy wou nie ontken of bevestig dat Aphane steeds ’n direkteur by Lesedi Engineering is nie.

Aphane self het die aantygings verwerp.

“Laat hulle maar aantygings maak. Ek weet nie waar kom die logika vandaan nie.”

Aphane het ontken dat hy ’n direkteur by Lesedi is.

Dipuo Peters, minister van energie, het die spesiale ondersoekeenheid (SOE) gevra om Eskom te ondersoek oor moontlike korrupsie en tendermanipulasie.

Sy het Dinsdag erken dat sy bewus is van die aantygings teen Aphane. Sy het ook gesê dat hy nog nie geskors is nie. “Dit is nie my plek om hom te skors nie. Dit is die direkteur-generaal se plig.”

Peters het gesê sy het vertroue in die SOE se ondersoek.

“Ek het hulle reeds in Junie gevra om te kyk na alle verkrygingsprosedures by Eskom. Wat ook al sou opkom uit die ondersoek sal verder op uitgebrei kan word.”

Marika Muller, woordvoerder van die SOE, het bevestig hulle wag steeds op ’n proklamasie oor die ondersoek, maar doen reeds werk by Eskom.

“Ons fokusgebiede vir Eskom is op kontrakte, verklaring van sakebelange en belangebotsings. Ons doen ook baie werk met hul (Eskom se) interne forensiese kapasiteit (sic).”

Muller sê die SOE gaan nog nie in dié stadium kommentaar lewer nie.

Die direkteur-generaal van energie kon nie vir kommentaar bereik word oor die moontlike skorsing van Aphane nie.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: skandale  |  eskom

Lewer kommentaar op hierdie artikel
18 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sarie sê... Ek wonder of hulle nou in Duitsland ook 'n aansoek gaan bring dat die skildery van waar dit ookal uitgestal gaan word, verwyder moet word omdat dit oopgulp se waardigheid aantas Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2011
R 151,620.00

CHEVROLET

SONIC 1.4 LS 5DR
2012
R 156,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.