Bedrog in polisie

2010-09-11 07:00
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Meer as 900 mense in diens van die polisie is aan bedrog skuldig bevind nadat die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) hulle betrap het dat hulle welsynstoelaes van die staat gesteel het.

Dié mense is polisiebeamptes en burgerlikes in diens van die polisie. Die SOE gaan glo nog honderde laat aankla weens soortgelyke bedrog. Nie ’n enkele van dié mense is geskors of afgedank nie. ’n Polisiewoordvoerder sê sowat ’n derde van hulle is dissiplinêr aangekla en het óf skriftelike waarskuwings ontvang, óf hul afdankings is met ses maande opgeskort.

Dié mense in die polisie is onder die sowat 15 000 staatsamptenare wat tot dusver aan bedrog skuldig bevind is in die SOE se ondersoek na staatsamptenare wat onwettig welsynstoelaes ontvang.

Die amptenare het pleit-ooreenkomste met die Nasionale Vervolgingsgesag aangegaan en skuld erken op aanklagte van bedrog. Hulle het opgeskorte vonnisse ontvang en moet die geld wat hulle gesteel het, met rente aan die staat terugbetaal.

Die SOE – ’n onafhanklike agentskap wat korrupsie en wanbestuur in die staatsdiens ondersoek – het reeds 96 000 staatsamptenare geïdentifiseer wat welsynstoelaes van die staat gesteel het. Nog 80 000 amptenare kan van bedrog aangekla word.

Die hoof van die SOE, Willie Hofmeyr, het vandeesweek bevestig dat sy eenheid 945 dissiplinêre sake aan die polisie oorhandig het. Bykans 10 000 ander sake is aan nasionale en provinsiale staatsdepartemente oor die land heen oorhandig.

’n Woordvoerder van die polisie, kol. Vishnu Naidoo, sê die SAPD is net bewus van sowat 350 mense in diens van die polisie wat bedrog gepleeg het. Hul dissiplinêre verhore is afgehandel, hulle is gewaarsku en hulle werk steeds vir die polisie.

’n Senior navorser by die Instituut vir Sekerheidstudie (ISS), dr. Johan Burger, het gesê dit is “ontstellend” as polisiebeamptes wat bedrog gepleeg het, toegelaat word om in die mag te bly. “Dit was nog altyd die norm dat polisiebeamptes wat aan bedrog skuldig bevind is of gesteel het, nie geskik is om in die polisie te dien nie,” sê Burger.

“Dit lyk asof daar intussen ’n verdraagsaamheid vir korrupsie ingesluip het en dit voorspel niks goeds vir die toekoms nie.”

Die veroordeelde amptenare het onder meer kinderonderhoudstoelaes, pleegsorgtoelaes en ouderdomspensioene gekry waarop hulle nie geregtig was nie. Hulle het onder meer valse beëdigde verklarings afgelê en was in besit van valse identiteitsdokumente en geboortesertifikate. Ander het amptenare in die verskillende departemente gebruik of omgekoop om hulle te help om die toelaes te kry.

Hofmeyr sê die ondersoek na onwettige welsynstoelaes is nog net op nasionale en provinsiale regeringsvlak gedoen. Die ondersoek moet nog uitgebrei word tot munisipale amptenare en dán kan die syfer van 96 000 nog aansienlik groei.

Burger sê korrupsie is ’n sweer wat net erger en erger word. “Hoe kan jy sê jy’s ernstig om korrupsie uit te roei, maar jy laat korrupte amptenare toe om hulle werk te behou?”

Vrae aan nasionale departemente of hulle dissiplinêre verhore teen amptenare gehou het wat skuldig bevind is, het geen antwoorde opgelewer behalwe van die polisie nie. Die Vrystaatse onderwysdepartement sê hy het dissiplinêre stappe teen 184 amptenare ingestel. Hulle het almal finale waarskuwings ontvang.

’n Woordvoerder van die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement het gesê 188 amptenare is in dissiplinêre verhore skuldig bevind en het waarskuwings ontvang. In dié provinsie se onderwysdepartement is 344 amptenare skuldig bevind.

Onderwysers wat skuldig bevind is, is óf ontslaan, óf gewaarsku en beboet met tussen R2 000 en R8 000.

Hofmeyr sê die SOE is tans besig met “baie sensitiewe” ondersoeke na amptenare wat betrokke is by bedrog rondom ongeskiktheidstoelaes. Baie meer geld is betrokke as by gewone welsynstoelae-bedrog en misdaad-sindikate en korrupte dokters is betrokke.

Die SOE ondersoek ook behuisingsbedrog waarby R2 miljard betrokke is. Meer as R40 miljoen is reeds teruggewin en die polisie het 1 910 amptenare in hegtenis geneem wat by bedrog betrokke was.  

- Volksblad

Lees meer oor: polisie  |  bedrog

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Adoons sê... Hoe proe ek nou daai hoender op my tong. Lees die storie...

Weather
Traffic
Lottery
Cpt: 17-24°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Broken clouds. Warm.
Jhb: 16-28°C Broken clouds. Warm. Bloem: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 21-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 17-23°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Jobs - Find your dream job

Network Engineer-Clickatell

Bellville, Cape Town, South Africa
Clickatell (Pty) Ltd
Market Related

Junior Paid Search Specialist

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
Market Related

Floor Manager

Roodepoort, South Africa
Gemini Recruitment
R8000 - R9000

Cars - Search 1000's of new and used cars

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 115,990.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Base
2011
R 119,900.00

MERCEDES-BENZ

C200 CDi BE AVANTGARDE AT
2011
R 395,000.00

Property - Find a new home

Travel - Look, Book, Go!

Unbeatable Mauritius

Spend 7 nights at Sofitel Mauritius L'Imperial Resort and Spa from R10 757 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - shop online today

Big Mama-speletjies – Tot 50%-afslag

Begin saamspeel teen ’n beter prys met die Big Mama-uitverkoping. Tot 50%-afslag op speletjies + aflewering binne 24 uur*. Koop dit nou.

Big Mama DVD’s – Tot 80%-afslag

Kry tot 80%-afslag op ons DVD’s. Dié aanbod sluit aflewering binne 24 uur in* & is slegs beskikbaar terwyl voorraad hou.

Lego op Uitverkoping

Bespaar R200 op die Geonosian Starfighter en betaal slegs R299,95. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Die Big Mama Uitverkoping

Die Big Mama Uitverkoping is nou aan die gang. Kry tot 80% afslag op Boeke, Musiek, DVD’s, Speletjies, Elektronika, Speelgoed & Geskenke. Koop nou.

Elektronika op uitverkoping

Tot 80% afslag op elektronika + 24 uur-aflewering. Koop nou.

Gratis aflewering binne 24 uur*

Big Mama gobii eLeser-aanbod

Kry die 7" LCD eLeser vir slegs R899 + ’n Gratis eBoek-koepon van R160. Daar is eBoeke beskikbaar vanaf R49,95 waarop jy jou koepon kan spandeer. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.