Bedrieërs by Casino vasgetrek
2009-09-03 14:55
Johannesburg – Drie mans is Donderdag by Emperor’s Palace in Kempton Park gevang toe hulle probeer geld trek met 12 gesteelde kredietkaarte.
“‘n Sekuriteitswag het onraad vermoed toe hy die mans sien geld trek in die vroeë oggendure en hy het toe die polisie gebel.”
“Die verdagtes, van Daveyton, is met 12 kredietkaarte gevang.
“R7 200 is toe reeds getrek,” het kaptein Jethro Mtshali gesê.
Een van die mans het ‘n lys pinnommers vir elke kredietkaart gehad.
Die saak word verder ondersoek.
- Sapa