Bedeesde Malema kry nie spreekbeurt by feesviering

2012-01-01 07:47
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Julius Malema, geskorste ANC-jeugleier, sal nie volgende Sondag moles op die verhoog in Bloemfontein kan maak nie.

’n Bedeesde Malema het aan Rapport gesê hy weet nie eens of hy ’n spreekbeurt gegun gaan word wanneer duisende mense vir die ANC se geskiedkundige eeufeesviering in die Vrystaat-stadion saamtrek nie.

Onder dié uitgelese gaste is staatshoofde, diplomate, sportleiers, kerkleiers en bekende sakelui.

“Ek weet nie of ek gaan praat nie,” het hy in ’n telefoniese gesprek gesê.

“Maar ek gaan vir seker dáár wees om na die president se toespraak te luister, of hulle (die ANC) my ’n (spreek)beurt gee of nié. Dis belangrik.”

Dit blyk die ANC gaan vanjaar afwyk van vorige 8 Januarie-verrigtinge deur nie sy alliansie-vennote of leiers van ANC-strukture soos die jeugliga op die verhoog te laat praat nie.

Die amptelike verduideliking is dat daar te min tyd vir boodskappe ter ondersteuning van die ANC is.

’n Senior alliansieleier meen egter dit is waarskynlik ’n taktiese skuif om Malema van die verhoog te hou en te verhinder dat hy pres. Jacob Zuma in die verleentheid stel.

Malema kan egter nie alleen gemuilband word nie; dus geld dieselfde reëling almal.

“Die gebeure op die verhoog gaan beperk word,” het dié leier gesê.

“Sover ons weet, gaan daar nie geleentheid wees om direk (van die verhoog af) ondersteuningsboodskappe te gee nie.

“Dit gaan op pamflette gedruk en op die webblaaie geplaas word.”

Intussen wou Malema nie uitwei oor sy appèlaansoek teen die besluit van die ANC se nasionale tugkomitee om hom vir vyf jaar uit die party en alle strukture te skors nie.

“Ek weet níks nie. Praat met Cyril Ramaphosa (voorsitter van die ANC se nasionale appèlkomitee),” het hy aan Rapport gesê.

Daar was vroeër sprake dat die ANC die appèlproses vóór die eeufeesvieringe in Bloemfontein agter die rug sou kry. Dit sal egter eers later vandeesmaand afgehandel word.

Intussen is Malema steeds die ANC-jeugleier hangende die uitslag van die proses.

Mnr. Keith Khoza, ANC-woordvoerder, het by navraag gesê die program vir die saamtrek in die Vrystaat-stadion is nog nie gefinaliseer nie.

“Ons sit met tydbeperkings en ons is nie seker of daar soos met ander jare geleentheid sal wees vir ons vennote om op die verhoog te praat nie.

“Ons wil die staatshoofde nie ure lank in die stadion laat sit nie.”

Zuma sal die hoofspreker wees by dié geleentheid, wat eers om 15:00 begin.

Buiten om die ANC se prioriteite vir 2012 uit te stippel, sal Zuma waarskynlik ook fokus op die party se ontstaan, sy ryk geskiedenis en die bevrydingstryd.

Afrika-lande en die internasionale gemeenskap se bydrae in die stryd teen apartheid sal waarskynlik ook aangeprys word.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Rapport

Lees meer oor: julius malema  |  anc  |  anc-eeufees

Lewer kommentaar op hierdie artikel
15 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sarie sê... Ek wonder of hulle nou in Duitsland ook 'n aansoek gaan bring dat die skildery van waar dit ookal uitgestal gaan word, verwyder moet word omdat dit oopgulp se waardigheid aantas Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2011
R 151,620.00

CHEVROLET

SONIC 1.4 LS 5DR
2012
R 156,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.