Bedanking na Mandela-belediging
2009-11-05 16:56
Johannesburg – Ben Burger, die hoof uitvoerende beampte van Falcon het Donderdag bedank in ‘n poging om die maatskappy te stabiliseer nadat dit in ‘n rasisme-skandaal gedompel is.
"Ek het nooit myself skuldig gemaak van enige vorm van rasisme nie en dit het hierdie besluit baie moeilik gemaak,” het Burger in ‘n verklaring gesê.
Burger het gesê hy moet aan die werkers van die maatskappy dink en ook Falcon se langtermyn toekoms in gedagte hou.
“Dit het duidelik geword dat, veral van die werkersunies se kant, ek as deel van die probleem gesien word,” het hy gesê.
Burger is tydens ‘n familiedag by Sun City in hegtenis geneem nadat ‘n CD wat oudpres. Nelson Mandela beledig, by dié geleentheid gespeel is.
‘n Werknemer van Falcon het glo die CD gespeel voor dit verwyder is.
“Burger sê die voorval het onherstelbare skade aan die maatskappy gedoen en hy hoop sy bedanking sal die situasie stabiliseer”, lees die verklaring.
- Sapa