Bebloede veldwagter van leeu gered

2011-11-02 07:05
Tweets Share Share line Print

Upington – ’n Veldwagter se lewe is gister op heldhaftige wyse gered toe ’n aggressiewe leeu in die Kgalagadi-oorgrenspark hom aangeval het agterop die bakkie waarop hy was.

Die bebloede Albert Bojone is letterlik uit die leeu se kake gered toe Graeme Ellis, ’n biotegnikus en navorser in die park, uit die bakkie se kajuit gespring en hom in die kajuit ingepluk het.

Bojone se stewel waaraan die leeu hom gegryp het, het in die leeu se bek agtergebly toe Ellis hom losgeruk het. Die leeu is met die stewel nog in sy bek doodgeskiet.

Die leeu het hom eers aan die arm beetgekry. Toe die leeu los, het Bojone op die kajuit se dak gespring met die leeu agterna.

Dit was moontlik ’n wraakaanval nadat een van die vier leeus in dié troppie die naweek doodgeskiet is nadat hy ’n bees aangeval het.

Henriëtte Engelbrecht, bemarkings- en kommunikasiebestuurder van die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (Sanparke) se ariede parke in die Noord-Kaap, het gesê Bojone, Ellis en Mico Ferreira, senior veldwagter, het aan die Botswana-kant van die park digby die grens tussen Suid-Afrika en Botswana na die drie oorblywende leeus in die troppie gesoek.

Bojone het agterop die bakkie gesit en die ander twee in die kajuit. Hulle het twee leeus agtervolg en toe agter die regterkantste een aangery.

Die volgende oomblik het die ander leeu op die bakkie afgestorm en agter opgespring.

“Die bakkie het gelukkig relings, wat die leeu gestuit het. Hy het Bojone aan sy arm beetgekry. Toe hy vir ’n oomblik los, het Bojone op die kajuitdak gespring.”

Die leeu het tot op die bak gespring en Bojone aan die voet beetgekry. Ellis het uit die kajuit gespring en Bojone ingepluk.

Albei sy stewels het agtergebly, een daarvan in die leeu se bek. Dié stewel het vier gate waar die leeu sy tande vasgeslaan het.

Bojone is na die Mediclinic Upington gebring, waar hy gister nog in die waakeenheid was.

Engelbrecht het gesê dié leeus, by die veldwagters bekend as “bosleeus”, loop gewoonlik in gebiede waar hulle geen mense sien nie.

Die leeu wat Bojone aangeval het, was moontlik woedend oor sy makker wat doodgeskiet is.

Wanneer die leeus uit hul gebied beweeg, word veldwagters gestuur om hulle te vang. Hulle word dan na Kgalagadi teruggebring, waar hulle vir 14 dae in ’n boma gehou word. Hulle word daarna vrygelaat sowat 200 km van waar hulle gekry is.

Sy het gesê Nardus du Plessis, die park se vorige senior veldwagter, het gister aan haar bevestig dat geen leeu in die 15 jaar wat hy in die park was ’n mens aangeval het nie.

Bojone werk al 22 jaar in die park.

Hy het ook gesê dit het nooit in sy tyd in die park gebeur nie.

Engelbrecht sê dit het wel al gebeur dat leeus van die veldvoertuie bestorm het. ’n Kombers wat oor hulle gegooi as hulle naby die voertuig kom. Hulle spook dan met die kombers, en blaas dan die aftog.

Dinsdag het die leeu egter eenvoudig deur die kombers gebars om by Bojone uit te kom. “Hy moes woedend gewees het.”

– Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: diere

Lewer kommentaar op hierdie artikel
41 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Bomb sê... Watse bus vat 92 mense? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2011
R 151,620.00

CHEVROLET

SONIC 1.4 LS 5DR
2012
R 156,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.