Bebloede paartjie in bad gevind
2010-04-13 10:29
Kaapstad – ‘n Jong paartjie van Kaapstad is Maandagmiddag beseer in ‘n bad in hulle Burgundy Village-huis gevind, het paramedici in die Wes-Kaap gesê.
“Met ons aankoms op die toneel het ons die jong paartjie in die bad gevind. Beide het diep snywonde aan hulle polse en nek gehad,” het Derick Banks, ER24-woordvoerder, gesê.
Die slagoffers is op die toneel behandel en na die Tygerberg-hospitaal gehaas.
Beide was in ‘n kritieke toestand.
Volgens Banks is die omstandighede rondom die voorval nog nie bekend nie.
- Sapa